Afrikaans

May04

Meet die EEN DING

Categories // Afrikaans

Die wyse waarop ons ons liefde vir God betoon, hang af van die tipe van verhouding met Hom wat ons najaag en hoe dit met Hom ontwikkel het. Ons liefde vir Hom sal nie groei, of vir andere sigbaar wees indien ons nie tyd met Hom spandeer, na Sy stem luister, en sensitief te wees en te ervaar wat Hy vir ons wil hê nie. Jesus het juis dit in die Nuwe Testament benadruk en as voorbeeld vir ons gegee.

Aug31

Sê een ding maar bedoel iets ander

Categories // Afrikaans

AMF

Auswitz staan aan die wêreld bekend as ‘n simbool vir terreur, massamoord, en die Volksmoord of Volksslagting.

Dit was deur die Duitsers gevestig in 1940, in die voorstede en buitewyke van die stad Oswiecim, ‘n Poolse stad  wat geheg is aan die Derde ‘Reich’ deur die Nazis gedurende die 2e Wêreldoorlog. Die plek se naam is verander na Auswitz, wat dan ook die naam van die kamp, geword het: Konzentrationslager Auswitz.

Die kamp het oor ‘n tydperk van ‘n paar jaar uitgebrei totdat dit uit drie dele bestaan het: Auswitz 1, Auswitz 2- Birkenau en Auswitz 3- Monowitz, asook meer as 40 sub kampe. Die oorspronlike rede vir die stigting en die oprigting van die kampe was omdat die plaaslike tronke se kapasiteit nie voldoende was om die massa arrestasies van Pole te kon akkommodeer nie.  Sowjet krygsgevangenes en Sigeuners asook ander nasionaliteite is later ook hier gevange gehou, saam met die Pole.  Die kamp het met die aanvang van 1942, die toneel geword van die grootste massamoord in die mens se geskiedenis, toe die Jode van Europa se slagting begin. Die meerderheid van Jode wat na Auswitz deporteer is, is onmiddelik na hul aankoms (mans, vroue en kinders) na hul dood gestuur in die Birkenau gaskamers. Daar word beraam dat bykans 1,5 miljoen mense na die gaskamers is en daar resterf het (1,100,000 Jode, 150,000 Pole, 23000 Sigeuners en sowat 10,000 ander).

Feb01

2011-02-17

Categories // Afrikaans

Dierbares in die Here,

Dr-Dennis-KinlawGroete in Sy lieflike naam! Ek vertrou dat dit baie goed gaan met u en dat u steeds die Here se wonderlike seën ervaar in die nuwe jaar.  Die nuwe jaar is alreeds in volle swang en die lekker vakansie en rus tyd is reeds iets van die verlede.

Meer van Hom en Hom te mag ken

Ek het die jaar 2010 afgesluit met my jaarlikse preke toer in die VSA en Kanada in November 2010.  Ek het tydens hierdie tyd vir 10 dae afgesonder om te vas en te bid en die fokus was primer om Hom meer intiem te leer ken, sowel as om te bid vir die nuwe jaar.  Die Here het wonderlik onderneem en het daar was tye wat die Here tydens die dienste baie naby aan ons gekom het.  Een van die hoogtepunte was ‘n besoek aan Dr Dennis Kinlaw in Wilmore, Kentucky, die president van Ashbury Kollege toe die Here hulle in Herlewingkrag besoek het.  Wat vir my opmerklik was toe ons deur Wilmore gery het was dat sommige studente besig was om hulle Bybels te lees in die park voor Ashbury Kollege. Ons het vir vier ure saamgekuier en gepraat oor Herlewing.  Wat my egter opgeval en diep geraak het is die absolute fokus en ingesteldheid van Dr Dennis, op die Here Jesus en hoe sy gesig verander het as hy praat van Jesus.  Veral toe hy ‘n liedjie vir my gesing het wat hy in die vroee oggend ure gedig het, wat handel oor die “Wonder of His Glory and the Beauty of His Face” Dit het my laat dink aan Moses en verskeie Godsmanne wat so in Sy teenwoordigheid leef en verander word.  Hoe het my hart nie gesmag en verlang na meer van Hom nie.

Aug30

2010-08-01

Categories // Afrikaans

God inisieer nog steeds

God se weë is nie ons weë nie (Jes 55).  God beweeg op opwindende maniere deur die wêreld om Sy doel te bereik.  Hy inisieer altyd sake, projekte en aktiwiteite, verbind mense of skep nuwe geleenthede om te bedien.  Hy stel nie net daarin belang om vir ons nuwe bedieningsgeleenthede te gee nie, maar liewer om ons uit te nooi om by Hom aan te sluit vir iets wat Hy alreeds geïnisieer het.  Ek het oor die afgelope paar weke weer eens agtergekom dat die Here gewone mense gebruik aan wie hy take gee, take wat eintlik goddelike take is om Sy doel te bereik.

 

Sep15

2009-09-16

Categories // Afrikaans

Metgeselle in die Bediening

Het God ons nodig om Sy werk te volbring?  Sekerlik nie!  Nietemin, God het dit so bepaal om Sy mense te betrek.  Hy roep individue wat Hy kan bemagtig om instrumente te wees waardeur Hy sy doelwitte en Sy ewige doel kan bereik.  God is op ‘n sending en reis om die wêreld te bereik en Hy nooi ons om Hom te vergesel op die reis.   God het ‘n spesifieke doel en taak vir elkeen van ons.

Ek het gedurende die afgelope klompie weke en maande in ons bediening en daaglikse lewe geleer en ervaar dat wanneer God ons roep of vir ons ‘n spesifieke opdrag gee, Hy alles voorsien wat ons nodig het.

May27

2009-05-28

Categories // Afrikaans

Montagu

Ek preek tans in die NG Kerk Montagu tydens Pinkster n spesiale reeks oor die beginsels van herlewing.  Montagu  is ‘n bekoorlike historiese dorpie geleë tussen twee bergreekse, halfpad tussen Kaapstad en die Tuinroete – ook bekend as die Oase van die Wes-Kaap. Sien foto’s

Dit is ook ‘n plek wat verbind is met herlewing: toe God die gemeenskap onder die leierskap van Ds Servaas Hofmeyr in 1860 besoek het.  My hart en verstand is vol beelde van mense wat in die strate loop en praat van Jesus – lewens, huwelike en families aangeraak vir Christus.  Die Here seën die byeenkomste en my hartswens is dat die Here weer sal kom soos in die outyd en ons besoek, of ons ten minste voorberei vir nog ‘n besoek uit die hemel.

Mar25

2009-03-25

Categories // Afrikaans

Geliefdes in die Here,

Groete in Sy lieflike Naam.  Ons vertrou dat dit baie goed gaan met u almal en dat u steeds  bewus is van Hom wat deur die Heilige Gees in u, by u en saam met u elke dag beweeg.  Mag die Here voortgaan om Homself ook meer en meer aan u te openbaar (Johannes 14: 21-23).

Die tyd gaan so vinnig verby en die jaar is alreeds ver gevorder.  Tussen Leoné (my dogter) se skoolaktiwiteite, ons kantoorwerk, skryfwerk en preekuitnodiging kom ons dit skaars agter.   Ons het reeds die voorreg gehad om met reekse dienste in Lichtenburg, Kemptonpark, Vredendal, Krugersdorp, Bultfontein, Hoopstad en Newcastle op te tree.  Die Here het wonderlik onderneem en vir ons waarlik geseën.
Apr01

2012-03-27

Categories // Afrikaans

Geliefdes in die Here,

Ons groet u almal hartlik en vertrou dat alles wel is met julle, en dat jul steeds die Here se nabyheid en Sy teenwoordigheid in jul lewens ervaar.

‘n Tydjie het verloop sedert my laaste Blog.

Jun22

2011-06-23

Categories // Afrikaans

Verdraagsaamheid!

’n Sigbare en tog onsigbare instrument in God se Hand

Liesbet is vir ons goud werd. Sy is die ruggraat van ons huishouding. Sy help in die huis, was en stryk ons klere en maak die heerlikste krummelpap. Liesbet woon noord van Pretoria. Sy het een seun en ’n kleinseun, maar versorg ook haar ma, tante, twee niggies en twee blanke tienermeisies (met die goedkeuring van maatskaplike dienste). Hulle woon almal saam in haar drievertrekhuisie. Sy het nou onlangs in ’n nuwe huis en area ingetrek weens haar behoefte aan meer ruimte en ook om hulle lewensomstandighede te verbeter.

Oct25

2010-11-01

Categories // Afrikaans

Storms van die Lewe


Ek was oor die afgelope paar jaar bevoorreg om tydens besoeke aan Israel in die Voetspore van ons Here te stap.  By een van daardie geleenthede het ons aanboord van ’n houtboot by Kapernaum gegaan om op die See van Galilea te seil vir ’n uur van stille oordenking.  Toe ons uit die hawe seil, het ’n ligte briesie opgesteek en teen die tyd dat ons die middel van die See bereik het, het die wind baie sterk gewaai.  Ons het heeltemal wind-op geseil en omdat die wind so sterk was, het dit ’n storm in die kleine veroorsaak.  Die golwe en deinings het bykans twee meter hoog geword.  Die water het in die boot ingespoel en nodeloos om te sê, ons was papnat.

Jun30

2009-07-01

Categories // Afrikaans


’n Warm groet aan u almal!

Die afgelope paar weke en maande was ’n baie besige tyd met HeartCry 2010 se 1860 Andrew Murray vieringe en die reëlings vir die Passiespele asook die toer met 56 passasiers in twee busse na Europa vir die Passiespele in Duitsland asook na Turkye en Griekeland.
Nov30

2009-12-01

Categories // Afrikaans

Dierbares in die Heer,

Groete in Sy lieflike naam.  Baie dankie vir al u betrokkenheid, gebede en getroue ondersteuning vir ons in die bediening.

Bedieningsnuus:

Die afgelope paar maande was ’n geweldige besige tyd waar ons die voorreg gehad het om te kon optree met reekse dienste in Lichtenburg (Noordwes), De Doorns (WesKaap), Newcastle (Natal), Potchefstroom (Noordwes), Alberton (Gauteng), Oos London (Oos Kaap), Middelburg (Mpumalanga),  verskeie gemeentes in Suid Carolina (VSA), predikante konferensie in Malawi en Heart Cry konferensies in Ierland en Nederland.   Een van die hoogte punte die jaar was ook die twee “Couples Retreat” naweke by Witwater. 
Jul22

2009-07-23

Categories // Afrikaans

Geloof is die Bewys

Die afgelope paar maande was vir ons as ‘n gesin ‘n baie groot beproewing. Daar was ‘n bykans tragiese gewapende roof in ons huis in Desember 2008 toe my vrou, dogter en vriende vasgebind en byna verkrag en vermoor is. Die Here het daarna wonderbaarlik voorsien en ons kon aan die sekuriteitstelsel werk en ‘n paar opgraderings doen. Weens verskeie gewapende rooftogte in ons omgewing en buurt, moes ons noodgedwonge verhuis. My gesin was onveilig en ek moes weer vir 12 dae op reis gaan. Die Here het ‘n paar dae voor my vlug uit Suid-Afrika sou vertrek op 1 Junie 2009, ‘n nuwe huis binne in ‘n sekerheidsgebied voorsien. Die Here het dit wat ons nodig gehad het om te verhuis, voorsien.


© Francois Carr